Geselekteerde ontwerppakkette
Vir die kliënte wat 'n meer omvattende ontwerpdiens benodig, het ons diensopsies verpak wat jou die buigsaamheid bied om slegs die dienste te kies wat jy regtig nodig het, wanneer jy dit nodig het; sonder deurlopende verpligtinge.
1. Ontsluit en verstaan die moontlikhede van jou erf, ligging en perseel
2. Skematiese konsep ontwerp
3. Geselekteerde ontwerpdienste pakket
1. Ontsluit en verstaan die moontlikhede van jou erf en ligging
VIR WIE...
Nuwe grondeienaars (of potensiële grondeienaars) wat die moontlikhede van die terrein wil ondersoek om met hul beplanning te begin.
HOE DIT WERK...
'n Kort erf-evaluering (1 week) waar tydens ons jou help om die volle potensiaal van 'n erf te verstaan.
​
• erf-, konteks- en sonpatroonanalise
​​
• volledige opsomming van boulyne, hoogtebeperkings en ander erf-spesifieke, erfenis of regulasie beperkings
​
• model wat die toelaatbare vierkantemeter op die erf aandui
​​
Versoek 'n kwotasie op ons 'kontak'-bladsy. Kwotasies sal van projekgrootte afhang.
massa model
boulyne
erf en konteks ontleding
Durbanville mediese suites - mva
Durbanville mediese suites - mva
Durbanville mediese suites - mva
2. Skematiese ontwerppakket
VIR WIE...
Ontwikkelaars, huiseienaars en kommersiële kliënte wat 'n konsepontwerp wil hê vir basiese projekkoste-skatting en lewensvatbaarheid.
​
Of
​
Kliënte wat nuwe geboue of grootskaalse opknappingswerk wil doen, wat slegs die gedeeltelike betrokkenheid van 'n argitek by die konsepontwerp wil hê, maar nie deurlopende projekbetrokkenheid of volledige professionele dienste benodig nie.
HOE DIT WERK...
'n Kort proses van 3 weke (afhangende van projekgrootte) waartydens ons die projekopdrag opstel en evalueer uit die kliënt se behoeftes en voorstelle. Ons volg dit met 'n konsepontwerp-voorlegging op:
​
-
projekopdrag gebaseer op jou behoeftes en vereistes
​​
-
erf- en konteksanalise
​
-
konsep-plan
​​
-
2 x konsep-deursnitte
​​
-
konsep-aansigte
​
-
2 x 3d voorstellings
​
Versoek 'n kwotasie op ons 'kontak'-bladsy. Kwotasies sal van die projekgrootte afhang. Kostes word bereken volgens 'n standaard voorgeskrewe persentasie van die projekkostes soos voorgeskryf deur die reguleerende The South African Council for the Architectural Profession(SACAP).
vroeë beplanning
konsep-deursnit
3D voorstellings
Links House Gregory - Gregorys
Link House Gregory - Gregorys
Links house Gregory - Gregorys
3. Geselekteerde ontwerpdienste
VIR WIE...
Hierdie diens maak voorsiening vir kliënte wat nuut bou of grootskaalse opknappings onderneem en graag argiteksbetrokkenheid wil hê vir die volledige projekontwerp en/of stadsraadsgoedkeuring en/of konstruksietekeninge; maar wat nie argiteksbetrokkenheid op die bouperseel of kontrakadministrasie benodig nie. Alle op-perseel-besluitneming, probleemoplossing, inspeksies en kontrakadministrasie is dan tussen die kliënt en die kontrakteur.
HOE DIT WERK...
Vir die geselekteerde ontwerpdienspakket bied ons kliënte die opsie om ons slegs vir geselekteerde stadiums van die argitektsdienste aan te stel, soos gespesifiseer deur The South African Council for the Architectural Profession (SACAP). Die volledige argiteksdiens bestaan uit 6 fases. Vir hierdie diens kan jy besluit watter van die fases jy benodig:
Slegs 1-3, of dalk wil jy ook fase 4.1 en 4.2 byvoeg.
​​
Fase 1: Aanvang
Ontvang, evalueer en gee verslag oor die vereistes van die kliënt met betrekking tot die opdrag, die erf en die beperkings daarvan, begrotingsbeperkings, konsultante benodig en kontrakmetodes.
Fase 2: Konsep en lewensvatbaarheid (konsep-ontwerp)
Stel 'n aanvanklike konsep-ontwerp op en gee advies oor beoogde spasiebenutting, voorgestelde materiale, beoogde boudienste, in ooreenstemming met beperkings op grondgebruik; hersien verwagte koste en projekprogram.
​
Fase 3: Ontwerpontwikkeling
Die konsep-ontwerp verder ontwikkel om die finale ontwerp te word deur die omvang en kompleksiteit te bevestig, met plaaslike en statutêre owerhede te konsulteer, die ontwerpbesonderhede, konstruksiestelsel en materiaal verder te ontwikkel, alle konsultante te koördineer en hul tekeninge te hersien.
​
+
​
Fase 4.1: Dokumentasie vir plaaslike owerheid
Berei dokumentasie voor vir die indiening by plaaslike owerhede. Dit sluit in die koördinering van tegniese dokumentasie met die konsultante, die opstel van spesifikasies vir die werke, die toestemming van die kliënt en die indiening van dokumente vir goedkeuring.
​
+
Fase 4.2: Konstruksiedokumentasie
Voltooi die konstruksiedokumentasie en begin met die tenderproses. Dit behels die verkryging van die kliënt se toestemming om dokumentasie voor te berei vir die verkrygingsproses vir die uitvoer van die projek, die evaluering van aanbiedinge, 'n aanbeveling oor die toekenning van die boukontrak, die voorbereiding van die kontrakdokumentasie en laastens die ondertekening van die boukontrak.
​
​
Versoek 'n kwotasie op ons 'kontak' -bladsy. Kwotasies sal afhang van die projekgrootte. Kostes word bereken volgens 'n standaard voorgeskrewe persentasie van die projekkostes soos voorgeskryf deur die regulerende liggaam van die Suid Afrikaanse Raad vir die Argitektuur Professie (SACAP).
restaurant
residensieël
institusioneel
die gewone tier - die gewone tier
strandhuis pretorius - pretorius
nmmu - jv stad