life
of
architecture
-
architecture + design consultancy
Life of Architecture stel belang in mense en hulle stories; en om gesamentlik die ruimtes waarin ons woon en werk te vorm. Ons glo dat almal toegang tot die voordele van goeie ontwerp en beter omgewingsruimtes verdien. Met komplimentêre vaardighede en 'n grondslag in argitektuuropleiding wat 'n verskeidenheid ontwerpdissiplines insluit, bied Life of Architecture 'n benadering tot probleemoplossing deur kreatiwiteit. Ons gebruik beide rasionele en abstrakte prosesse om kompleksiteit te verstaan en effektiewe oplossings vir kliënte se probleme te bied. Ons is ook geregistreer by The South African Council for the Architectural Profession (SACAP).
PETER BRUYNS
2008 B ARCH (DIST) (UCT). PR ARCH.
As argitek en ontwerper met meer as 15 jaar ervaring, het Peter hom by alle aspekte en fases van die argiteksproses betrek en saam met 'n aantal uitstekende praktyke en praktisyns gewerk. Sy ervaring strek oor skale en tipologieë, waaronder SAPOA bekroonde grootskaalse winkelsentrums-,industriële-, enkel- en multi-residensiële, institusionele, gasvryheids- en infrastruktuurprojekte. Peter lewe vir ontwerp en ondersoek voortdurend kreatiewe prosesse en werk op nuwe maniere om innoverende oplossings te produseer. Hy luister en interpreteer uitstekend en help graag kliënte om hul idees te vorm en te visualiseer. Hy glo vas in deelname as 'n belangrike komponent van enige suksesvolle projek. Afgesien van Peter se passie vir argitektuur en ontwerp, is hy ook 'n kunstenaar en sy werk kan hier besigtig word.
NINA MALAN-BRUYNS
As argitek met 'n MBA van Universiteit van Oxford, leef Nina op die lyn tussen kreatiwiteit en struktuur. Sy glo dat innoverende strategieë ekonomiese en sosiale waarde skep. Sy is 'n groot-prentjie denker, met 'n oog vir detail, en sien die waarde in gesaamentlike probleemoplossing, verkieslik met 'n uiteenlopende span professionele persone en eindgebruikers. Nina waardeer ontwerpdenke (design thinking) as 'n proses en vind betekenis in werk wat gegenereer word rondom gebruikersgerigtheid (human centred design). Sy glo ook dat elke projek kontekstueel gegrond moet wees en het die Erfenis- en Hulpbronbestuurskursus by UCT sowel as die Green Star Professional Course deur die Green Building Council van Suid -Afrika voltooi. Haar ervaring sluit in finansiële haalbaarheidstudies, probleemoplossing, innoverende strategie-ontwikkeling, koördinering van konsultante, bestuur van die ontwerpproses en spasiebeplanning-strategieë.